Gedagte vir die dag: God se heerlikheid

man-with-open-arms-705x335.jpgOmdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. (Rom 8:17)

Lees Romeine 8:9-17

Soms wonder kinders van God waarom Hy hulle so swaar laat kry as Hy lief is vir hulle. Paulus probeer ’n antwoord op hierdie vraag vir die gemeente in Rome gee. Beide lyding én heerlikheid is deel van ons erfdeel op aarde. Gelukkig is die heerlikheid so veel méér en duur dit soveel langer as die lyding. Wanneer ons self swaarkry, verstaan ons ’n bietjie beter presies wat dit van Jesus gevra het toe Hy die ganse mensdom se sonde aan die kruis moes dra sónder die ondersteuning van sy hemelse Vader. Hoe swaarder ons kry, hoe beter verstaan ons Jesus se ly ding toe Hy op aarde was. Johannes van die Kruis sê tereg dat die suiwerste lyding die suiwerste begrip produseer.

Indien jy eendag in Jesus se heerlikheid wil deel, sal jy hier op aarde bereid moet wees om swaar te kry vir Hom. Dit is juis hier die swaarkry wat vir jou op die ou end op heerlikheid sal uitloop. “Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hier die lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly,” beloof Paulus aan die gemeente in Korinte (2 Kor. 4:16-17).

Here Jesus, dankie dat ek deur mý lyding u lyding beter kan ver staan. Dankie vir die belofte dat ek eendag in u heerlikheid sal deel. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanno Visagie ·

Die Afriforum seënwense hierbo langsaan die dagstukkie, bokant “gee Afrikaans ‘n kans”:- Verbeter asb “Feesseisoen” na “Christusfees” en “Nuwe Jaar” na “Nuwejaar”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.