Gedagte vir die dag: God se kinders

Arend_Stiltetyd.jpg

Foto: Jannie Oosthuizen

Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. (Rom 8:15-16)           

Die Here het vir ons sy Gees gegee en sy Gees maak ons kinders van God wat sy liefde, vergifnis en verlossing ontvang het. Dit maak nie saak wat jy gister gedoen het nie. As jy jou sonde bely het, het God jou reeds vergewe en vir jou sy vryheid gegee.

Wanneer jy na ’n plaas kyk en die oop ruimtes sien, gee dit jou ’n gevoel van vryheid? Glo my, jy hoef nie in die oop veld te wees om vryheid te ontvang nie. Jy kan hierdie boek in die tronk lees, jou sonde bely en die Here sal jou so vry soos die arend maak. Die arend is vir my die ongelooflikste voorbeeld van vryheid. Jesaja 40:31 sê: “Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”

Voel jy vandag lewend met die vryheid wat die Gees van God vir jou gegee het? Voel dit of jy vasgebind is met kettings? Die Gees van God is die Een wat ons vrymaak en getuig dat ons kinders van God is. Vra jou Vader om jou met sy Gees te vul, en Hy sal hierdie woorde in die Bybel in jou lewe laat waar word.

Gees van God, dankie dat U my herinner dat ek ’n kind van God is. Vul my vandag met u krag en gee vir my u vryheid sodat ek met arendsvlerke kan vlieg. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Geraldine ·

Goeie middag Mevrou ek het in Januarie die jaar my hart vir die Here gegee. Ek wil geestelik groei,ek wil vir die Here werk ek wil nie opstandig raak of met my gedagte sondig nie ek wil die Gees van die Here aanvaar ek wil he die Here moet met my praat ek wil die Here se teenwoordigheid voel. Ek wil nie he mense moet hoor dat ek my hart vir Jesus gegee het nie maar wil he mense moet kan sien in my ek wil siele wen vir die Here maar sukkel om te onthou wat ek in die Bybel leea altyd want ek was 20Mei in n motor ongeluk en was in n coma en kom agter ek kan nie so lekker als omthou nie, ek weet nie self nie hoe om te bid nie en raak jaloers as ek hoor hoe kragtig ander se gebede is altyd? Ek is regtig ywerig vir die woord van God.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.