Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlike goedheid te ontvang! (2 Petrus 1:3, NLV)
Petrus rig sy tweede brief aan mense wat sy geloof deel. God se krag in ons gee vir ons alles wat ons nodig het om naby Hom te leef; Hy het ons geroep om aan die ontvangkant van sy genade te wees, verseker hy hulle. Deur hierdie krag laat God ook elke belofte in sy Woord vir ons waar word. Hoe beter ons Hom ken, hoe meer word sy krag in ons lewens geopenbaar en hoe makliker word dit vir ons om te leef soos Hy van ons verlang.
Eers wanneer jy God se wonderwerkende krag in jou eie lewe ontplooi, raak dit vir jou moontlik om Hom voluit te dien. Hoe beter jy God ken en hoe nader jy aan Hom leef, hoe meer sal Hy daardie krag tot jou beskikking stel en aan jou die gawes van sy Gees gee.
Hemelse Vader, ek loof U vir u Goddelike krag wat U tot my beskikking stel. Met daardie krag is ek tot alles in staat. Help my om my gawes elke dag uit te leef. Amen.
Haleluja,Prys die Here,Sy Godelike krag gee my moed om elke dag voluit te lewe in Sy wonde!! Amen!
Haleluja Prys die Here, aMen!