Gedagte vir die dag: God se liefde vir tyd en ewigheid

Boekevat - Perd in veld - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. (Ps 23:6)

Aan God se liefde is daar geen einde nie! Die psalmdigters jubel dit keer op keer uit. Wanneer die digter van Psalm 23 sing oor die Here wat sy herder is, van sy leiding en beskerming selfs deur donker dieptes, kan ook hy nie anders as om oor God se liefde te sing nie.

Dit gaan hier oor twee frases waarmee die digter sy ervaring van God beskryf, naamlik “lewenslank” en “tot in lengte van dae”. En albei wil maar net vertel van ’n ervaring sonder einde. God se liefde is ’n daaglikse ervaring. Ek ondervind dag vir dag die wonder van sy liefde in sy versorging, bewaring en leiding. Hy maak sy liefde prakties ervaarbaar in my lewe. En dit beteken nie dat ek nooit sal swaarkry nie. Maar dit is juis die wonder van sy liefde dat ek dit te midde van my swaarkry kan ervaar.

En dan kom daar iets by wat met die kwaliteit van God se liefde verband hou: “ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.” Liefde is meer as ’n klompie nuttige geskenke. Dis ook meer as kos en water op die regte tyd. Liefde is bo alles ’n ervaring van gemeenskap, van omhelsing, van naby wees aan die persoon wat ek liefhet. En dit word uitgedruk deur die digter se verwysing na die huis van die Here. Hy is tuis by die Here. Hy verkeer in gemeenskap met die Here. My Herdergod is ook my Vadergod in wie se huis ek veilig en geborge voel. Hy is die God wat persoonlik in my lewe teenwoordig is.

Mag jy vandag in God se teenwoordigheid tuis voel.

 Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SY de Wet ·

Dit stimuleer die godsdiensindustrie ,nommer een , nommer twee daar kan nou weer/meer aan die betekenis verander word om ondermeer meer aanvaarbaar te wees Neem nou maar tuis wees , n ongenooide gas kan hom ook “tuis” maak , terwyl die huisheer nie sommer almal toelaat nie . Hier kom die “everybody welcome” anything goes evangelie . Ook n waterskeiding . Wat goed is .I Kor11:19: Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.” Te veel Skrif dan word dit nie geplaas nie .Kyk die Brenton

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.