Gedagte vir die dag: God se liefdesverhouding – Medelye met mense

stad_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Nineve het meer as 120 000 mense wat nie weet wat reg of verkeerd is nie en ook baie diere. Sal Ek dan nie medelye hê oor die groot stad Nineve nie? (Jona 4:11)

Jona het gelewe in ’n tyd toe die Assiriërs gehaat is omdat hulle mag oor Israel gehad het. God het vir Jona gewys wat sy strategie vir Assirië en sy hoofstad, Nineve, was. God het besluit om sy liefde te bewys en Assirië tot skuldbelydenis te roep. Geestelike herlewing in Nineve het God se plan vervul, maar vir Jona baie kwaad gemaak. Is daar plekke en mense wat jy nie wil hê God se liefde moet ken nie?

U wat my vyande liefhet, leer my om hulle ook lief te hê. Vergroot my vermoë om lief te hê. Gee vir my u perspektief op mense en u sorg vir die verlorenes. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JAN ·

Sadisme wreedheid in alle gedaantes is die kenmerk van Satanisme
Eensaamheid is erger as die dood ..
Satan se geliefde wapen van massa vernietiging. Hmm?

JAN ·

Ja Spook se reaksie goeie voorbeeld van ou Loesie kaskenades.

SNEL ·

Spook, ja Hy het en Hy gee baie om vir ons almal. Ezekiel 18:23 Do I take any pleasure in the death of the wicked,? declares the Sovereign Lord. Rather, am I not pleased when they turn from their ways and live?

Spook ·

Snel Lev 27 vers 28 en 29. n dier of mens wat as banoffer vir die here gebring moet word mag nie losgekoop word nie, maar moet doodgemaak word.

SNEL ·

Spook, ek en jy stap al n ruk, een van 2 goed, of jy was n Christen en het die pad byster geraak of jy speel vir die ander span en probeer verwarring bring onder die wat die Here dien. Punt is, dis maklik vir jou om die leuens te glo en vrae op te maak. In die tyd voor Jesus gekruisig is, het Hy sy volk so ver moontlik van afgode en verkeerde indringing beskerm. Soos om n vrot appel tussen gesondes te verwyder, sodat almal nie vrot word nie. Deur die Istealiete het Hy sy krag en Almag aan die wêreld bewys. Daaroor was plekke getref met banvloeke, om hulle te beskerm teen ander gelowe en verkeerde handlinge. Lev 27 wat jy noem was nie die eerste of enigste nie. Banvloeke was as alles in daai dorp vernietig word, mens, dier en al, niks mag bly lewe nie. Soos met Jerigo, hulle was ook met die Banvloek getref. Akan het gedink hy kan van die goed hou (Joshua 7:25-26) hy was ook dood gemaak. Dis voor die kruisiging. God kan nie op sonde kyk nie, Hy soek gehoorsaamheid. Vandag lewe ons almal (na die kruisiging) met die keuse of ons ons lewe vir Hom wil gee, die banvloek sal kom met die oordeelsdag as die vrot appels in die hel gewerp word. Na die kruisiging lewe ons so lekker, geen offers en ek kan nog met jou chat, omdat Jesus ons Groot Offer was. Jesus lief jou Spook

JAN ·

Spook.
Jy doen trieks met sie Bybel soos die ou met die vliegtuig en die ANC met die land. Sal moet afgeskiet word want julle kan nie land nie.
Die Pratt en Tsafendas kaskenades.

Johan ·

Hou op om die ByBEL met die ANC te ver geluk ons moet vir vrou wat borskanker het bid

SNEL ·

Johan, as ek lees klink dit meer of die Bybel met die land vergelyk word en Spook met die ANC.

SNEL ·

Johan, ek bid saam met jou vir daardie vrou! As dit jou vrou is, baie sterkte vir julle deur die tyd. Mag die Here julle dra en krag gee en almal wat vir haar omgee en lief is. ?

SNEL ·

Johan, as ek lees klink dit meer of die Bybel met die land vergelyk word en Spook met die ANC.

JAN ·

geloof hoop liefde
Geloof maak alles moontlik
Hoop maak alles werk
Liefde maak alles mooi deur getrouheid.

JAN ·

Vraag aan Maroela vrinne.
Dink ons ooit aan ons Boeremagvriende in die tronk?
Waar is getrouheid / liefde ?
Hmm?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.