Gedagte vir die dag: God se mense word verhoog

gesprekke-met-God

Foto: Argief.

Dié wat deur God verhoog word, hoef nie daarvoor te veg nie en hulle hoef nie te baklei om dit te behou nie. God gee dit en Hy kan dit wegneem as Hy wil. Hierdie mense stem met alles saam wat God doen en geniet groot vrede in hulle lewe as gevolg daarvan. Ons grootste wins is God en Hy sal ons op die regte tyd verhoog. Mense wat met God saamstem, is vry mense, heel mense, lewegewende mense – God se mense.

Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. (1 Petrus 5:6, Die Boodskap)

Buig baie laag voor die Here. Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef. God sal jou optel, daar waar jy in oorgawe voor Hom buig, en jou op ’n ereplek regop, kop omhoog, langs Hom laat staan. (Jakobus 4:10, Die Boodskap)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.