Gedagte vir die dag:  God se onwankelbare liefde

Olyfboom_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek staan sterk soos ’n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg. (Psalm 52:10)

Matteus 13:53-58 sê vir ons toe Jesus met sy bediening in Nasaret begin het, kon Hy baie min wonderwerke daar doen weens die mense se ongeloof. Hulle het nie in Hom geglo of Hom vertrou nie.

’n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om in Israel te preek. Ek het na Nasaret gegaan en van daar af na Kapernaum. In Kapernaum het Jesus magtige wonderwerke gedoen in die sinagoge en in Petrus se huis. Hoekom? Die mense daar het in Hom geglo en Hom vertrou. Hulle het gegroei in hulle geloof soos ’n olyfboom in die huis van God.

Ek daag jou vandag uit om op te hou vertrou op jou eie vermoëns of in menslike teorieë. Hou op vertrou op jou geld. Moe nie op jou gesondheid staatmaak nie. Vertrou slegs op God en sy onwankelbare liefde en kyk wat Hy vir jou sal doen. Sit stil aan die Here se voete en bid tot Hom: “Here, ek gaan op U vertrou. Ek gaan nie leef deur sien nie, maar deur geloof (2 Kor. 5:7). Ek gaan in U glo, Here, om ’n wonderwerk in my lewe te doen. Ek gaan nie op my emosies staatmaak nie. U Woord sê dit, ek glo dit, uit en gedaan.”

As jy dit doen, sal jou lewe soveel eenvoudiger word en soveel doeltreffender. Jy sal floreer in jou geloof soos ’n olyfboom in die huis van God.

Here Jesus, ek sal vir ewig op u onwankelbare liefde vertrou. Ek ver trou U vir ’n wonderwerk in my lewe. Ek sit my hand in u hand. Lei my op die regte pad.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Von ·

Dankie Here Jesus dat ek vanoggend U op U Woord kan neem……my vertrou is op U alleen….. Amen………Darryl en Nel… dankie dat julle saam met my in gebed tree

Kornel ·

Here ons lewe is in U hande, help ons vandag om die regte keuses te maak. Ons vertroue en geloof is in U hande.
Amen.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.