Gedagte vir die dag: God se roepstem

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpg

Foto: Annelize Brits

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. (Romeine 12:2)

As God gereed is om jou vir ’n spesifieke taak te roep, sal Hy dit voortdurend in jou gedagtes bring. Jy sal graag wil doen wat God wil hê jy moet doen; jy sal weet dit is wat jy veronderstel is om te doen. Dan sal geleenthede om te dien, volg. Gryp dit aan. Moenie dat geleenthede by jou verbygaan en veroorsaak dat jy alles misloop wat God vir jou wil gee as jy doen waartoe Hy jou roep nie.

Is jou ore gespits vir God se roepstem?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.