Gedagte vir die dag: God se tydsberekening

hawaii-berge_wolke_valleie_Pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie. (2 Petrus 3:8-9)

Die gelowiges van Petrus se tyd het Jesus se koms binne die onmiddellike toekoms verwag. Toe die tyd verbygaan en dit nie gebeur nie, het hulle aan Jesus se wederkomsbelofte begin twyfel. Petrus verduidelik dat God se tydsberekening hemelsbreed verskil van ons s’n. Vir Hom is duisend jaar soos een dag en een dag soos duisend jaar.

Nog ’n rede waar om Hy nog nie sy belofte uitgevoer het nie, is om mense nog ’n kans te gee om gered te word.

Is jy al seker dat jy aan God behoort? God wil jou nog ’n kans gee om jou lewe aan Hom oor te gee. Moenie huiwer om dit te doen voordat dit dalk vir altyd vir jou te laat sal wees nie.

Here Jesus, vergewe my dat ek ook al begin dink het U talm met die wederkoms. Ek besef nou dat dit is om almal nog ’n kans te gee om u kinders te word. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marlina Erasmus ·

Dankie vir die boodskap! Dit is die antwoord op die onsekerheid wat rondom datums ontstaan het die afgelope tyd!

Loretta ·

Haleluja,net God alleen ken di einde van die wereld. Ons moet altyd volmoed vir God dien. Amen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.