Gedagte vir die dag: God se verrassende liefde

hands-by-Niecey-sm.jpg

Foto: jewelsofencouragement.com

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. (Jer 1:5)

Toe Israel nog ’n kind was, het Ek hom al liefgehad, en Ek het hom, my seun, uit Egipte geroep. (Hos 11:1)

Ons verkeer soms onder die verkeerde indruk dat ’n mens ’n prestasie moet behaal om liefde te verdien. Help jou ma die skottelgoed afdroog … en loer so skelmpies na die koekblik. En dan meen ons dat ons met ’n goeie lewe en soms selfs opofferende dade, God se liefde verdien. Ons behoort mos gehoorsame kinders te wees, of hoe?

Maar dan raak ons bewus van God se verrassende liefde. Dit het heeltemal niks te make met enige prestasie van ons kant nie. Dit is ’n liefde wat ons oorrompel. Luister net wat sê die Here vir Jeremia: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken.” Al wat hierdie woorde bo alles wil duidelik maak, is dat God met ons besig is nog lank voordat ons van Hom bewus geword het. Wanneer ons die uitnodiging van God se liefde ontvang, was daardie uitnodiging al geskryf voor ons geboorte.

Die profeet Hosea vertel dat God sy volk liefgehad het toe hulle “nog kinders was”. ’n Paar verse verder vertel die Here hoedat Hy vir Efraim op sy arms gedra het. God is met ons besig nog lank voordat ons daaraan gedink het om op sy liefde te antwoord. Is dit nie verrassende liefde nie? En al wat ons kan doen, is om uit opregte dankbaarheid op daardie liefde te antwoord. Dis al wat God vra, ’n antwoord, ’n jawoord op sy liefde.

Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Joh 4:19).

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Nicole

Klik gerus “like” op ons Facebook-blad aan, volg ons op Twitter of laai die app op die App Store of Google Play Store af as jy ‘n iPhone of Android-slimfoon het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.