Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (Matteus 7:7-8, Bybel in Afrikaans 1983/1992)
God se werk sal voltooi word, of jy dit nou doen of iemand anders. As jy deel wil wees van sy werk, kan jy nie rondsit en wag dat God vir jou ’n boodskap stuur nie. Vra heel eerste sy leiding, en besluit dan om te begin. As jou besluite begin deur God te vra vir sy leiding, sal hulle waarskynlik in ooreenstemming wees met sy wil, en jy sal die voorreg hê van deel wees van waarmee Hy besig is in die wêreld.
Vra God vir sy wysheid en doen dan wat jy glo Hy van jou vra.
Here U beveel en dit geskied….My Leidsman en my Redder
Amen