Gedagte vir die dag: God se wil

Stiltetyd_see_vrolike mense_Juanita Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Wees altyd vol blydskap.  Moenie ophou bid nie.  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is. (1 Tessalonisense 5:16-18)

Ons vra so baie keer wat is God se wil vir ons lewe. Ons wil weet r-i)t wat die Here vir ons lewens beplan. In 1 Tessalonisense 5:16-18 hoor ons baie duidelik wat God vir ons lewens wil hê: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar.” As jy hierdie riglyne volg, leef jy volgens sy wil.

Eerstens hoor ons ons moet bly wees. Soveel mense is dees-dae swartgallig. Hoe gebeur dit dat mense so negatief raak en net die sleg raaksien? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat ek my oë en my gedagtes op God moet fokus. Slegs dan kan ek die wil van die Vader doen. As my gedagtes op God gerig is en ek my verhouding met Hom belangrik ag, sal ek nie toelaat dat negatiwiteit my aftrek nie. Dan sal ek elke dag bly wees en met vreugde aanpak.

As ek elke dag met vreugde kan aanpak, moet daar dinge wees waarvoor ek intens dankbaar kan wees. Ons is geneig om die klein dingetjies wat die Vader vir ons doen, mis te kyk. Ons vergeet die herstel van ‘n verkoue kom van die Here af. Ons werk soms so hard dat ons vergeet om dankbaar te wees vir ‘n werk en inkomste. Is ons dankbaar vir die huishulpe wat instaan by die huis en ons lewens makliker maak? Om dankbaar te lewe, kan jou uitkyk op die lewe verander in blydskap.

As jy dankbaar en met vreugde leef, sal jy ‘n inniger verhou-ding met die heilige God hê. Dan sal jy getrou elke dag bid en met die Vader praat. Jy sal nie jou gebedslewe afskeep nie. Bid dus gereeld en koester jou gebedsverhouding.

Kyk vandag opnuut na jou lewe. Sien klein vreugdetjies raak en wees vreugdevol dankbaar daarvoor en dank God daarvoor.

Here, ek buig vandag in totale dankbaarheid voor U vir wat U elke dag uit genade vir my doen. Amen.

Bron:
Met ‘n lied in die hart deur Marietjie Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tertius Brits ·

Ek verstaan op die moment nie God se wil nie. Op die aand van 3 Desember het n dronk persoon my sonskyn, lagkind en my enigste seun van ons ag weggeruk. Hy was maar 20 en het so pas sy drome begin uitleef. Ons harte is in duisende stukke en my siel saam met hom begrawe. Ons werelde sal nooit weer dieselfde wees nie. Is dit wat God se wil is? Hierdie fisiese pyn in my hart? Waar is die regverdiging in hierdie sinnelose daad.

Christine V ·

So jammer, Tertius. Mag God julle troos en deur hierdie verskriklike moeilike tyd regop hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.