Gedagte vir die dag: God seën jou werk

hands-105455_1280.jpg

Argieffoto (Foto: Blanka, Pixabay)

Laat wat jy doen aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk. (Spreuke 16:3)

Wy jou werk aan die Here, bid sy seën op jou arbeid af. Vra gesond­heid en krag om vir jouself en jou afhanklikes te kan sorg en dat jy genoeg verdien sodat jy kan uitdeel aan hulle wat nie het nie. Wat meer wil jy hê – ’n goudmyn, ’n kasteel, roem, eer, skoonheid, ewigdurende jeug? Sal jy nog kan glo dat dit die Here is wat jou seën as jy alles te maklik regkry?

Bybelhelde – daar is konings en groot staatsmanne onder hulle – laat die werk wat hulle doen aan die Here oor. Daniël was ’n Joodse banneling en ’n hoofamptenaar aan die Persiese hof. Hy het nie een dag laat verbygaan sonder om homself aan die Here te wy nie. Selfs toe jaloerse amptenare koning Darius met ’n slenter oortuig het om ’n wet uit te vaardig dat niemand enige god of mens mag aanbid behalwe die koning self nie, het Daniël steeds openlik gebid. God het hom beskerm en Darius het die Lewende God erken en op­drag gegee dat die hele koninkryk Hom aanbid.

Josef het nie drome uitgelê sonder om eers tot God te bid nie, Dawid het Goliat in die Naam van die Here aangedurf, Ester het die hele volk gevra om saam met haar te bid, Simson het vir krag gebid, Salomo het wysheid gevra om die land te regeer. Moses, Samuel, Jeremia, Jesaja, Esegiël en die ander profete is deur die Here God geroep en het Hom in alles geraadpleeg. Nehemia het die bouwerk aan die muur om Jerusalem aan die Here opgedra. Maria, moeder van Jesus, het haarself volkome aan Hom oorgegee. Paulus het die gemeentes gevra om saam met hom te bid sodat hy kan aanhou om die evangelie te bedien. Ook Jesus het die nag voor sy kruisiging in gebed deurgebring.

Almagtige Heer en Skeppergod, seën asseblief die werk van my hande.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Magda ·

Baie dankie vir julle pragtige dag stukkies.
Jammer hier is so min kommentaar

Sydney ·

Dankie Here, dat ek kan uitsien om soggens voor werk die “Gedagte van die Dag” te mag lees. Dit gee rustigtigheid en krag aan my vir die dag. Mag ander ook geseen word hier deur, dankie Maroela

Ansa ·

Ek se ook baie dankie vir elke oggend se dagstukkie ek sien so uit na elke dag se stukkie net om weer te kan stil raak in God se teenwoordigheid waar mens rus kry vir jou siel en krag kry vir die dag

Christine Botha ·

Ek wil ook dankie se vir die voedsel vir die siel elke more ek lees dit hier in my werkplek en deel dit ook met andere. Blessed daggie vir almal wat hier lees.

Theuns ·

Dankie Here dat U bemoeienis met my maak. Ek prys en loof U Naam. Amen!

Marlene ·

Baie dankie dat ek elke oggend my dag kan begin met die mooi dagstukkies.

Anoniem ·

Vader U leef en dit is so gerusstellend in die donker wereld van vandag.
Ek loof en prys U tot in ewigheid.
Halleluja

Gert Hattingh ·

Dankie dat U ons gebede verhoor Heer, dankie dat U ook vir my toerus deur U gees om hier en nou ‘n verskil te kan maak deur U genade gawes aan my. Amen! Ek wens almal ‘n vreugdevolle dag toe.

roettoe ·

alle eer kom ons vader toe vir sy genade gawe en dankie vir elke oggend se dag stukkie want ek kan dit soggens rustig sit en lees en bepeins…AMEN

Nadia ·

Amen.
Baie dankie – hierdie stukkie was vanoggend vir my bedoel. Gods rykste seen aan almal. xx

William ·

So van pas op ons elkeen. Was dit nie vir die Heer se groot Genade nie wie van ons was nie dalk al werkloos nie. Dankie Heer vir alles wat ons as sondige mens van U ontvang

philip soine ·

Dankie !!! Ek was tot onlangs gesond en aktief maar is nou swak en moedeloos weens verskeie gebeure. ek hoop om krag te put uit die stukkies.

Ansa ·

Sterkte vir jou ek bid vir jou. Ek was ook gesond en baie aktief vir 20 jaar gegym nou ook nie gesond nie,maar glo my n mens kry krag van Bo Die Vader dra mens deur die swaar tye en dit sal weer beter gaan glo en vertrou net op Hom en bly op jou kniee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.