Gedagte vir die dag: God sien dwarsdeur jou

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Daar is nog nie ’n woord op my tong nie, of U, Here, weet wat dit gaan wees. (Ps 139:1-2, 4)

Lees Psalm 139:1-6

Hierdie psalm is ’n loflied aan dié God wat sy kinders deur en deur ken, wat alles van hulle weet, selfs hul le gedagtes deurgrond nog voordat dit by hulle opkom. In vers 23-24 vra die psalm digter dat God hom so intiem-persoonlik ken. Hy vra dat God hóm nou sal toets deur vas te stel hoe hy van binne lyk, of hy nog besig is om op God se pad te loop. “Deurgrond my hart,” bid hy in vers 23. Die Hebreeus kan ook vertaal word met: “Ken my denke.” Die mens se hart is in die tyd van die psalmdigters as die setel van die menslike denke beskou. In vers 24 is die digter se versoek: “Sien my onrus raak.” Die letterlike vertaling hiervan is ook: “Ken my gedagtes.”

God sien dwarsdeur jou, Hy ken jou deur en deur, Hy weet wat jy dink nog voordat jy jou gedagtes geformuleer het. Hy weet van al die kere wat jy Hom teleurgestel het, en tog het Hy jou steeds lief, maak jy vir Hom saak, is jy vir Hom belangrik! Al sou mense jou verwerp, onderneem Hy om jou van alle kante te beskerm. Hoe wonderlik is dit om aan só ’n God te behoort!

Here, ek weet U ken my deur en deur, U weet álles van my en het my nogtans lief. Dit is my gebed dat U mý sal toets en sal vasstel of ek U op die regte manier dien. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stefan Malan ·

Waarom word dan nog steeds op duur X-straal masjiene staat gemaak? LOL!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.