Gedagte vir die dag: God sien jou begeertes

Vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hanna was baie ontsteld en terwyl sy onbedaarlik huil, het sy tot die HERE gebid. Sy het ’n gelofte gemaak: “O HERE, as U tog net my gebed verhoor en vir my ’n seun gee, sal ek hom vir U teruggee. Lewenslank sal hy aan U behoort.” (1 Samuel 1:10-11a)

Sy was al moeg gebid. Na jare se smeek om ’n kindjie van haar eie te hê, is sy meer as net moedeloos. Sy’s so desperaat dat sy met God ’n ooreenkoms aangaan dat, indien sy wel swanger raak, sy haar seun sal terugbring tempel toe sodat hy daar vir die Here kan werk. Dan gebeur die wonderwerk: Sy word swanger met haar seun, Samuel, wat later ’n gerespekteerde profeet word.

Is jy dalk ook al moedeloos oor iets gebid en wonder jy of God jou hart se diepste begeertes raaksien? Weet dan: Hy sien jou hart se verlange en dit wat jy graag wil hê met sy sagte oë ráák. Hy voel en verstaan jou hart se wens. Maar weet ook: Sy antwoorde en tydsberekening is altyd volmaak.

God se hart is sag oor jou. Bly maar net op jou knieë.

Dankie dat U die pleit en trane van my hart sién.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.