Gedagte vir die dag: God sien jou raak

Stroom_Berg_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

So sê die Here: “Die hemel is my troon en die aarde my voetstoeltjie. My hand het alle dinge gemaak en so het alles ontstaan. Dit is die een wat Ek raaksien, die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.” (Jes 66:1-2, NLV)

Lees Jesaja 66:1-6

Wanneer ’n mens oor God se grootheid begin dink, duisel jou ver stand. Alhoewel die almagtige Skeppergod die wêreld en alles daarop, die see en alles daarin, die miljoene sterrestelsels en die ganse heelal gemaak het en elke dag in stand hou, ken Hy elkeen van ons persoonlik; sien Hy steeds elke kind van Hom op aarde raak; het Hy elkeen van ons persoonlik lief; is Hy bereid om sy enigste Seun prys te gee sodat óns sonde vergewe kan word en weet Hy presies wanneer ons Hom nodig het. Jesaja gee ’n beskrywing van hoe so ’n persoon wat God raaksien daar uitsien: Dit is iemand wat nederig is en berou het oor sy sonde, iemand wat ontsag het vir God se woord.

God se teenwoordigheid vul die aarde, die hemel is sy troon en die aarde die rusplek vir sy voete, getuig die profeet Jesaja. Al hoe wel God so groot en almagtig is, weet Hy alles van jou; Hy sien ook álles raak wat jy doen. Indien jy graag wil hê dat God jou moet bly raaksien, kan jy daaraan begin werk om nederig te wees, om jammer te wees oor jou sonde en dit voor God te bely en om ontsag te hê vir God se woord.

Here, dis ongelooflik dat U met my bemoeienis maak. Maak my nederig en bereid om my sonde voor U te bely, gee vir my ontsag vir u Woord en sien my raak. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.