Gedagte vir die dag:  God skrik nie!

man-veld-boom-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

“Ek het nie die krag om aan te gaan nie. Ek het geen doel om voor te lewe nie. Is ek so sterk soos klip, en is my lyf van brons gemaak? Nee, ek is hulpeloos.” (Job 6:11-13a)

“Jy kan nie eintlik oor God dink nie. Jy kan Hom net beleef,” sê Richard Rohr. Ja, God se wese, sy liefde en goedheid kan ons nie heeltemal met ons verstand verstaan nie. Ons sal ook nooit werklik met Hom kontak maak as ons net intellektueel oor Hom dink nie. Want om God persoonlik te beleef, beteken dat jy dit wat jy van Hom weet, tot in jou hart sal laat afsak. En jou hart dan oopmaak sodat Hy jou dáár kan raak en vir jou ’n werklikheid word.

Daar in jou persoonlike gesprekke met God, kan jy sê wat jy wil sê, soos jy dit wíl sê. Want Hy verstaan! Hy weet wanneer jy nie meer kan nie. Nie meer wil nie!

God skrik nie vir eerlike hartswoorde nie! Omdat Hy in elk geval weet wat in ons diepste wese aangaan. Daarom kan jy maar by Hom … eenvoudig net jy wees. Jou woorde uiter.

Vandag voel ek u hele wese bý my, Teenwoordige.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.