Gedagte vir die dag: God sorg vir ons

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het. (Matteus 6:11)

Hierdie bede leer ons dat ons vir vandag op God moet vertrou – nie vooruit vir ’n onbepaalde tyd in die toekoms nie. Jesus het sy dissipels geleer om een dag op ’n slag te lewe en nie hulle hele lewensituasie op een slag aan te pak nie. Verder wil God ook hê dat ons nie ons oorvloed vir onsself sal hou nie, maar dit sal deel met ander wat nie het nie. Die woordjie “ons” stel ons saam met ander voor God se troon van genade en weerhou ons daarvan om selfsugtig net aan ons eie behoeftes te dink.

Voorsiener-God, dankie vir ons daaglikse brood en dat Jesus die Brood van die lewe is. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Amen.

Vonny

God is Groot!!! Hy voorsien altyd op die regte tyd.