
Foto: pixabay.com
Aan U, o God, kom ’n lofsang toe. U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed! (Psalm 65:2, 12)
Die psalmdigter sing vir God ’n lofsang by die insameling van die oes. Dit is God wat die reën gestuur het sodat die graan kon groei en die diere kos kon hê. Dit is ook God wat die oes moontlik maak en die jaar met sy goeie gawes kroon. Oral waar Hy gaan, gee Hy oorvloed.
Soos God vir die natuur om jou sorg, sorg Hy ook vir elkeen van sy kinders. Wanneer jy leef in ooreenstemming met sy wil, sal jou hele lewe in ’n loflied verander.
Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. ~ (Psalm 55:23)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Amen!
Amen
Amen…..aan U my Heer kom toe al die lof, eer en dank…..dankie Heer vir die reen
Baie dankie vir elke opbouende dagstukkie. Ek geniet elke nuusbrokkie en inligting!
Doe so voort!!