Gedagte vir die dag:  God tel jou trane 

druppels_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

U het self my lotgevalle opgeteken. Staan dit nie in u boekrol nie? Hou tog my trane in u leersak. (Psalm 56:9, BDV)

Dis nou ’n verbasende vers! Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 sê hier dat God ons trane in sy kruik hou, dat Hy hulle in sy boek opskryf. Ja, Dawid sê letterlik dat God ons trane bêre, dat Hy hulle tel. Dis so mooi – dankie, Here! Weet jy wat? Huil is natuurlik, normaal en goed vir jou. Dit ontlaai gifstowwe en streshormone en verlig die gemoed beter en vinniger as medisyne.

Nogtans is baie van ons so traag om te huil. Baie is te skaam, want hulle is geleer om hulle emosies binne te hou – veral mans glo mos cowboys don’t cry. Kom ons sê sommer prontuit dat die Bybelse mens nie so beskroomd was nie. Hulle het gehuil as hulle wou – die mans ook! Dawid het dikwels gehuil (en hy glo God weet van elke traan), Jesus het gehuil, Petrus, Paulus en vele geloofshelde ook. Ag nee wat, as jy wil huil, mag jy maar huil. Huil dit uit! God weet jou hart is seer. Dit maak sy hart ook seer.

Dankie, Here, dat U my trane ken. Elke traan is vir U kosbaar. Dis vir my so spesiaal. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lena Jonk ·

Dankie ons Jesus dat U weet van ons hartseer, U vertroos en versterk ons. Ek kan daarvan getuig in my ondervinding met afsterwe van ons enigste Lieflingseun in sy jeugjare. Ons God is Almagtig en niemand sal vir my oortuig dat dit onwaar is nie. Sal U loof en prys solank ek leef.

Mariana ·

As die Here ons trane sien en bere , hoekom vat hy nie my swaarkry weg van my nie? Ons bid dag en nag smekend en is desperaat . Dalk is ek net ‘n las vir die Here.

OWO ·

@ Mariana.Jy is nie ‘n las vir die Here nie.Die Here het nie die mens geskep om ‘n las vir Hom te wees nie.Lees gerus die volgende skrifgedeeltes betreffende gebedsbeantwoording.Matteus 7:7-11,Matteus 18:19-20,Lukas 11:11-12.Lukas 18:1-8,
Johannes14:13-14,Johannes 16:23-24.Sterkte.

Yankee ·

Jislaaik Mariana, gaan jou egter nie antwoord!! Slegs dit. Jy is beslis sterk, gesond genoeg om hierdie berig te mag lees, verstaan en antwoord. Dank die Gewer daarvoor!!!

Spiekeries ·

@ Mariana, dankie vir die moed van jou oortuiging om jou gevoelens te verwoord. Glo my, ek weet waarvan jy praat en God soveel meer. Bly geduldig en volhard in die Here, Hy is die enigste God en is bewus van jou situasie. God bring swaarkry op ons pad om ons sterker te maak in die geloof. Bly in gebed en glo onvoorwaardelik dat Hy ‘n verskil sal maak. Nou of later. Ons vra altyd “hoekom ek”, vra egter jouself af, ” hoekom nie ek nie”. Ek bid vir jou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.