Gedagte vir die dag: God vergewe en reinig

Asemrowende uitsig oor Kaapschehoop-omgewing Foto: Reinette van Niekerk

Foto: Reinette van Niekerk

Vergifnis is reiniging en reiniging is vergifnis. God gee nie die een sonder die ander nie. God kan ’n sondaar rein en heilig voor Hom stel asof hy nog nooit gesondig het nie. God vergewe en vergeet. Hy dink nie eers weer oor daardie sonde nie. Vertrou God om jou te ver­gewe en te reinig.

As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van sy kant af heeltemal van ons sondes vergeet. Hy sal ons ook geestelik skoon was van alles waarvan Hy nie hou nie. Glo dit maar, want God bly getrou aan sy beloftes en doen wat reg is. (1 Joh 1:9, Die Boodskap)

So ver as wat die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sondes se straf van ons af weg. (Ps 103:12, Die Boodskap)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.