Die armes wat roep, sal hy verlos, ook die verdrukte sonder helper. (Psalm 72:12) – Deel 2
Moenie bang wees om op die plek te beland waar jy geen helper het nie, want dit is die plek waar jy, soos Jakob, ’n verlossende God sal ontmoet. Moenie te gretig wees om vry te wees van behoeftes nie, tensy jy ook vry wil wees van kragtige gebed. Aanvaar dit net soos God dit stuur of toelaat om te gebeur. Die oomblik wanneer jy ’n behoefte het, onthou ook dat jy by ’n belofte gekom het. “Die armes wat roep, sal hy verlos.” Om ’n behoefte vry te spring, kan beteken dat jy ’n wonderwerk misloop. Die oomblik wanneer een in jou lewe verskyn, moet jy jou nie begin bekommer omdat dit daar is nie, maar loof God omdat Hy daarin sal voorsien. ~ Anoniem
Ek loof U, Here, vir my behoeftes waarin U wil voorsien. Amen
Voorsien tsoenamies en orkane