
Foto: pixabay.com
Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. (Psalm 139:1-2)
Dit is maklik om dinge vir mense weg te steek, maar God is alwetend. Hy weet reeds wat jy dink, nog voordat jy jou gedagtes georden of verwoord het. Jou hele lewe lê oop en bloot voor Hom, Hy sien dwarsdeur jou, Hy ken jou deur en deur.
Jy kan nooit vir God wegkruip nie. God weet alles van jou af, Hy ken elkeen van jou wegsteeksondes, Hy weet selfs wat jy dink. Lewe só dat jy nooit vir God skaam hoef te wees nie.
Sonde sit in ons diepste wese, in ons bloed. Dis die teenoorgestelde van die goeie, die omgekeerde van die liefde. ~ Johan Cilliers
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Dankie Here Jesus dat n sondaar soos ek by U verlossing ontvang het…..U weet en sien en hoor alles
Ja, die Here sê: Ek sal jou nooit alleen laat nie, Hy is altyd by ons, waar ons gaan, in wat ons doen, dink en sê. Dis wonderlik om te weet dat die Skepper en Heerser van die heelal my nooit alleen laat nie. Ek kan met Hom praat ooral waar ek is. Hy ken my gedagtes en Hy hoor selfs wat ek dink. Hy behoed en bewaar my, Hy lei my waar Hy wil hê ek moet wees, lê die woorde in my mond om ook ander te bemoedig. Hy is met ons almal en het ons lief. Nie… Lees meer »
Hy weet wanneer elke mossie gaan hop. Hy weet hoeveel hare is op jou, en my, kop. As mens dit regtig besef, slaan dit jou asem weg. As ons regtig ‘n oomblik gaan vat en daaraan dink, hoe wonderbaarlik daardie feit regtig is, kan jy nie help om verbaas te sit en bewonder nie.