Toe het die Here die vis beveel en hy het Jona op die strand uitgespoeg. (Jona 2:10)
God ontwikkel altyd ’n mens se karakter om by sy opdragte te pas. Wanneer God vir jou ’n opdrag het, moet Hy jou karakter ontwikkel voor Hy vir jou die opdrag kan gee. Jona moes dit op die harde manier leer, en het steeds nie verstaan nie. Wat moet God doen om jou sodanig te vorm dat jy gereed is vir sy opdrag?
Meester-Bouer, bou my. Herstel alles aan my totdat ek geskik is vir die opdrag wat U vir my wil gee. Verwyder alles uit my wat my daarvan sal weerhou om u werk te doen. Voeg alles by wat ek nodig het om u wil te doen. Ek het U lief. Amen.
AMEN!!!!
Amen, aan GOD alle EER