Gedagte vir die dag: God werk om die Skrif te vervul

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom. (Matteus 1:22)

Hoe sorg jy dat God se Woord jou gids word? Vir die Nuwe-Testamentiese kerk was hierdie ’n belangrike vraag. Hulle het die Ou Testament gehad wat oor die jare as God se volmaakte Woord bewys is. Nou het hulle vir Jesus gehad. Hoe moes hulle vir Jesus en die Skrif bymekaar uitbring? Hulle het ontdek die werk wat God deur Jesus gedoen het, was juis wat God in die Ou Testament belowe het om te doen. Doen God steeds wat Hy in die Bybel belowe het om te doen?

Vervuller van die hele Skrif wat U geïnspireer het, gebruik u Woord om vandag in my lewe te werk. Dankie dat U die Skrif gebruik het om ons op Jesus voor te berei. Gebruik nou die Skrif om my voor te berei om u werk te doen. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.