Gedagte vir die dag: God wil jou gebede hoor

man-kniel-gebed.jpg

Foto: imgarcade.com

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. (Fil 4:6)

Hier in Filippense nooi God ons om met ons gebede na Hom toe te gaan. Dit is egter nie te sê dat jy alles voor God gaan gooi en nou gaan Hy alles in jou lewe regmaak nie.

God sê ons moet met Hom daaroor praat. En wat gaan Hy dan doen? Hy gaan met jóú praat. Jy kan nie al die verantwoordelikhede op Hom afskuif nie. God gaan vir jou sê om so ’n paar goedjies eers self te doen. Ons dink so dikwels ons het nou gebid oor iets en dan is dit dit. Wanneer ons egter met alles – soos God vir ons vra – na Hom toe gaan, praat Hy met ons. Ons moet luister na wat Hy vir ons sê, want Hy gee dikwels vir ons die antwoorde. Dit bly dan egter óns verantwoordelikheid om dit wat Hy vir ons gesê het te gaan doen.

So, volgende keer as jy met ’n wavrag dinge na God toe gaan, bly ’n bietjie langer by Hom. Wag vir die antwoord, luister vir sy leiding. En gaan doen dit dan. 

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.