Gedagte vir die dag:  Goeie dinge in die nag   

sterre_woestyn_pixabay_Stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

… as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins. Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel. (Psalm 63:7-8, Bybel In Afrikaans 1933/1953)   

Dawid sê hy dink aan God as hy snags nie kan slaap nie. Hy peins letterlik “deur die nagwake” oor God, met ander woorde van die diep donker nag tot by die dagbreek. Waaraan dink Dawid snags? Wel, hy jubel oor God se goedheid: hy voel geseënd en geliefd – selfs in die woestyn (hy was al weer op vlug) voel hy versorg en veilig. Weet jy, soms is die nagte wonderlik. As ons helder wakker is (en ons nie doodbekommer omdat ons nie slaap nie), kan goeie dinge gebeur. Jy kan helder en rustig dink. Jy kan goeie werk doen.

Ons kan snags ook sielswerk doen. Gebruik jou wakkerlê-tyd om te bid. Bid vir jou gesin en geliefdes by die naam. Bid vir jou vyande en probleme. Bid vir jou huwelik. Bid vir wat die Here op jou hart lê. Dink dan oor sy goedheid en genade. Dink hoe geseënd jy is. Laat jou hart jubel – in die nag.

Abba Vader, in die nag beleef ek U intiem-naby. In die donker loof ek U. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.