
Foto: Carbonchurch.com
Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape. (Johannes 10:11)
Jesus van Nasaret is die selfverklaarde “Goeie Herder”. Die Griekse woord wat vertaal word met “goeie” spreek van morele goedheid en algehele uitnemendheid.
Die Goeie Herder gee die ewige lewe vir sy skape. Christus is die enigste Herder wat algehele veiligheid vir sy volgelinge waarborg.
Geen vals herder, dief, huurling of wolf is opgewasse teen die Goddelike Herder nie. Die skape sal nie hierdie “vreemdelinge” volg nie. Skape reageer slegs op die ware Herder se stem. Hulle sal nie bloot net die vreemdeling ignoreer nie, maar van hom af wegvlug omdat hulle bang is hy doen hulle skade aan.
Die psalmskrywer het gesê daar is danksy sy Herder niks wat hom ontbreek nie. Selfs in die donkerste kloof “sal ek nie bang wees nie” – sy Herder is by hom (Psalm 23). Jesus sê dat skape volkome veiligheid in Hom kan vind.
In die Christen se lewe is daar geen plaasvervanger vir die skerp bewustheid dat my Herder naby is nie … om die vrees, die paniek, die angs oor die onbekende weg te neem. – W. Phillip Keller
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Amen