Gedagte vir die dag: Goeie nuus

houd_spyker_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

In die volheid van die tyd het God sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore, onder die wet, sodat Hy hulle wat onder die wet is, kan vrykoop, ja, sodat ons tot kinders aangeneem kan word. (Galasiërs 4:4-5)

God het altyd presies geweet wanneer Hy Jesus Christus aarde toe sou stuur. Toe die evangelie in Christus mens geword het, het God seker gemaak dat die wêreld al genoeg van die lewe sonder die Messias ervaar het sodat hulle sou sien hoe desperaat hulle behoefte aan die “goeie nuus” (Jesaja 52:7) was.

Jesus was die Lam, die Pasga, Priester, Profeet, Koning, die Brood van die Lewe, die Woord. Sonder die geskiedenis en die Skrif, sou ons nooit die dieptes van God kon verstaan het nie.

God het die wêreld op so ’n manier ontwerp dat Hy geweet het presies wanneer die regte tyd sou wees om die Messias te stuur.

God het lank reeds met ’n hardkoppige wêreld geworstel, en baie seëninge op hulle neergestort; en toe al sy ander geskenke nie kon help nie, het Hy eindelik ’n geskenk van Homself gemaak. – Henry Scougal

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus …U die Grootste Geskenk wat die aarde nog ooit gekry het…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.