Gedagte vir die dag: Goeie vrugte?

Vrugteboord_www_organicguide_com.jpg

Foto: organicguide.com

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ’n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. (Matteus 7:16)

Daar is medewerkers en kollegas by die werkplek wat soos hierdie vals profete wrang vrugte dra, vrugte wat jou tande stomp maak as jy dit wil eet. Hulle is moeilikheidmakers wat van nature kwaadwillig, naywerig, vals en lui is. Die gevolge van hul dade is soos disselsade wat as hulle oopbars, die hele werkplek besoedel.

Hulle werk soos die vals profete van die ou tyd net vir eie gewin en sal enigiets goedpraat as dit tot hul voordeel sou strek. Dis vir hulle tweede natuur om skinderstories op te maak en te versprei en twis en tweedrag te saai. Hulle sal sonder om ’n oog te knip hul werkgewers in die steek laat vir groener weivelde. Hulle is deftig uitgevat en bolangs katvriendelik, maar agter die blink buitekant is dit ’n ander storie.

Jesus waarsku ons teen sulke vals profete en Hy raai sy volgelinge aan om van hulle af weg te bly. ‘Hulle kom na julle toe in skaapsklere,’ sê Hy, ‘maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe’ (Matt 7:15).

In hierdie geval moet jy jouself terugtrek, jou met jou werk besig hou en nie met praatjies en verdagmakery wat soos vrot vrugte uitswel en oopbars nie. Dis nie vir jou om te oordeel nie, laat hulle aan Jesus oor. Hy pleit ook by hulle om hul lewe vir Hom te gee.

Here, ek bid vir my kollegas wat reguit sê dat hulle oor lyke sal loop om hul sin te kry. Gee dat hulle tot inkeer sal kom voor dit te laat is en hulle te veel skade doen.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Landi ·

Hulle verwoes lewens met hul kwaadpratery en geskinder, en kry lekker as dit sleg gaan met iemand. Dan noem hulle hulself christene? Slegte bome wat dink dat hulle goed is, maar net slegte vrugte dra. My siel bloei leeg van hul aanvalle uit afguns en jaloesie. Hulle het my liefde met haat beantwoord. Ek wens Jesus wil my eerder kom haal, weg van hulle verskeurende slagtande en kloue af!

neelsie ·

Straal positiewe gesindheid uit.
Vermy negatiewe mense en negatiewe gesprekke.
Voeg waarde tot jou lewe ,deur iets te doen wat jouself gelukkig maak.
Laat toe dat die Heilige Gees jou gedagtes beheer.
Denke bepaal jou lewens-gehalte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.