Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. (Psalm 55:23, Bybel In Afrikaans 1933/1953)
Die Bybel in Afrikaans 1983/1992 sê hier “Laat jou sorge aan die Here oor”, maar dit dra nie die betekenis van die eerste werkwoord, “gooi”, goed oor nie. Dit is passief, maar die bedoelde handeling is aktief. Ons moet ons sorge aktief en intensioneel op die Here “gooi”. Wat beteken dit egter? Dink só daaraan: Daar kom ’n punt wanneer jy so moedeloos en gefrustreerd is met jou probleme dat jy dit net wil vat en weggooi – as jy net kon! Die Here sê dan hier: Jy kan!
Jy kan nie die probleem ignoreer of die verantwoordelikheid daarvan ontwyk nie, maar jy kan die sorge, die las daarvan van jou afgooi. Doen dit so: Laat jou sorge een vir een by die Here in gebed en besluit beslis om nié verdere kwelgedagtes daaroor toe te laat nie. Vang hulle summier vas as hulle weer opkom en verruil hulle aktief vir geloofsgedagtes. Onthou, dis ’n aktiewe daad; ’n besluit, ’n loslating, ’n weiering, ’n vervanging, ’n vaslegging. Wees ferm daarmee.
Hemelvader, ek gooi die volgende sorge van my af weg – neem U dit … Amen.
Amen
Amen..Dankie vir hierdie boodskap het dit so nodig
Amen moeilik sal MOET dit doen en dankie stuk