Gospel Skouspel 2018: Grootste gospelmusiek-gebeurtenis van die jaar

Gospel-skouspel-2.jpg

Foto: Gospel Skouspel 2017 (foto: Facebook / lightlounge.co.za)

[Promosie]

Gospel Skouspel het in 2006 ontstaan met die eerste vertoning wat in die Bellville Velodrome aangebied is. Ten spyte van die gebrek aan ʼn orkes by die geleentheid en die gebruik van “backtracks” is dié eerste konsert verbasend goed ondersteun. Die geestelike impak daarvan was oorweldigend en dit het daartoe gelei dat 104Concerts, ʼn afdeling van Radio Tygerberg 104FM, besluit het om die konsep verder te ontwikkel tot die professionele produksie wat dit vandag is.

Vanjaar is dit reeds die 13de Gospel Skouspel wat aangebied word met een vertoning in Pretoria en twee in Kaapstad.

GospelSKouspel-2017_-Joe-Black-2.jpg

Jo Black tydens Gospel Skouspel 2017 (foto: Facebook / lightlounge.co.za)

Tien van die land se top-gospelkunstenaars deel vanjaar die verhoog by Gospel Skouspel. Onder hulle tel Suid-Afrika se liefling, Juanita du Plessis, asook Riana Nel, Jo Black, Joe Niemand en Retief Burger. Rouchelle Liedemann, Johan Brits en Henry Pike is van die ander gunstelinge wat ook weer vanjaar gaan saamsing. Die immergewilde groep Romanz het ook ʼn eksklusiewe reünie-optrede by Gospel Skouspel 2018.

Die persepsie dat Gospel Skouspel met sekulêre optredes wil meeding deur seker te maak dat die glans, ligte en verhoog die mense moet oorweldig, is baie ver verwyderd van die visie van die organiseerders by 104Concerts. Dit het nog altyd daaroor gegaan om die skouspelagtigheid van die Evangelie ten toon te stel.

GospelSkouspel_Retief-Burger-2017-2.jpg

Retief Burger tydens Gospel Skouspel 2017 (foto: lightlounge.co.za)

Gospel Skouspel bied iets vir almal, oud en jonk. “Dit maak nie saak wat jou musieksmaak is nie, jy gaan wegstap met ’n oomblik in jou hart waar jy weet dat die Here tot jou gespreek het,” sê die vervaardiger van Gospel Skouspel, Hardus Zevenster. “Dit is voorwaar ʼn geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.”

Gospel Skouspel 2018 het een aanbieding in Pretoria in Moreletapark op Saterdag 25 Augustus en twee by GrandWest in Kaapstad op Saterdag 1 September.

Kry jou kaartjies nou by www.itickets.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.