Gospel Skouspel nou op DVD

 Gospel-skouspel-2.jpg

Foto: Gospel Skouspel Facebook / lightlounge.co.za

[Promosie-artikel]

Gospel Skouspel 2017 was voorwaar anders, juis om die nuwe seisoen van hierdie geleentheid aan te dui. Eenvoud was die kern van hierdie jaar se vertoning.

Die simplistiese dekor op die verhoog het die gevoel geskep van kwesbaarheid, spesifiek om dit meer van ʼn intieme gevoel te gee. Die musiek is ook hierdie jaar gekies om die gehoor se hartsnare te roer. Elke lied het op ʼn digterlike manier tot die hart van mense gespreek oor die verlossingskrag van Jesus Christus.

Kunstenaars wat hierdie jaar vir die eerste keer te siene was, is onder andere Heinz Winckler, Louis Loock, Vicky Sampson, Johan Brits, en die groot verrassing van die aand, Jo Black.

Met ses jaar se goue status, en as ons die terugvoer van die publiek as maatstaf gebruik, is hierdie beslis ʼn CD en DVD wat jy nie wil misloop nie.

Die DVD en CD is nou beskikbaar by jou naaste musiekwinkel, of besoek gerus die Gospel Skouspel Facebookblad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.