Gedagte vir die dag:  Groei deur die waarheid

watervval_bome_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.co.za

Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. (Efesiërs 4:15)

Daar is soveel hulpmiddels wat God gegee het vir ons geestelike groei. Maar ons moet oppas dat dit nie ’n doel op sigself word nie.

Gemeenskap met gelowiges is noodsaaklik, maar as dit nie in Christus gesentreer is nie, dien dit geen konstruktiewe doel nie. ’n Bybelstudie is ’n bron van leiding, maar die doel moet altyd wees om die dissipel na Christus heen te wys en Hom te verheerlik. Goeie werke is vir God welbehaaglik, maar hulle kan nooit die plek inneem van ons geloof in Hom nie.

Daar kan alleen geestelike groei wees as dit jou hoofdoel is om meer en meer die beeld van Christus te vertoon. Dit behoort die hartsbegeerte van elke Christendissipel te wees.

My Here, laat u Heilige Gees só van my besit neem dat ek alleen maar tot u verheerliking sal lewe. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.