Gedagte vir die dag:  Groei in Christus

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. (Efesiërs 4:15)

Dit bring tintelende vreugde om in die lente oral rondom ons nuwe lewe te sien uitbreek en die duisende skakerings van groen te gewaar.

Christenskap sonder geestelike groei kan nooit diepe en ware vreugde en bevrediging bring nie. Jy sal alleen groei in Christus wanneer jy nie meer jou aandag op jouself fokus nie.

Om te “groei in Christus” is nie bedoel as ’n oefening om ’n gemaklike godsdienstige gevoel te skep wat ver verwyder is van die harde werklikhede van die lewe nie. Dit aktiveer die gees tot positiewe handeling.

Vernuwe jou gebedslewe; herontdek die Gees van Christus in die Woord. Ontdek dat groei in Christus jou lei tot ’n nuwe dimensie van die lewe.

Here Jesus, maak my geloof ’n dinamiese krag. Doen dit deur die werk van die Heilige Gees en skenk aan my oorvloedige geestelike groei. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.