Gedagte vir die dag: Groei in genade

vriende_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. (Efesiërs 4:15)

Baie Christene is elke jaar dieselfde. Daar is geen geestelike groei nie. Moet ons tevrede wees om in Christus te glo, maar nie te begeer om te groei nie? Nee! Soos goeie handelaars moet ons aanhou om meer kennis oor ons Here te probeer versamel. Om genade te laat vrug dra moet ons naby aan Jesus lewe, in sy teenwoordigheid, in die sonskyn van sy glimlag. Dan sal ons vind dat ons in heiligheid, liefde, geloof en hoop groei; trouens, in elke goeie gawe.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.