Gedagte vir die dag: Groei

bos_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die kos het hom genoeg krag gegee sodat hy 40 dae en 40 nagte lank tot by Horeb, die berg van God, kon loop. (1 Konings 19:8)

Party Christene is meer as bereid om vanuit Christus te leef, maar nie so gretig om vir Christus te leef nie. Die aarde behoort ’n voorbereiding te wees op die hemel; en die hemel is die plek waar heiliges die meeste feesvier en die meeste werk. Hulle sit aan by die tafel van ons Here, en hulle dien Hom dag en nag in sy tempel. Hulle eet hemelse kos en lewer ’n perfekte diens.

Gelowige, werk vir Hom met die krag wat jy elke dag van Christus kry. Party van ons moet nog baie leer oor die Here se doel met die waarheid wat Hy vir ons gee. Ons moet dit nou saai en natgooi … Nogtans voed en verkwik die Here ons siel sodat ons ná die tyd ons hernude krag tot die bevordering van sy heerlikheid kan gebruik. ~ Charles H. Spurgeon

Vader, help ons om elke dag te groei terwyl ons by U leer. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.