Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. (Hebreërs 10:35-36)
Het jy moeg geword om goed te doen? Dit kom ons almal oor. Die Bybel waarsku ons teen toenemende moegheid. Wanneer dinge nie vinnig genoeg gebeur nie, verloor ons ons geesdrif vir dit wat ons doen. God moedig ons aan om voort te gaan; daar sal ’n deurbraak kom, maar dit sal volgens sy tydsberekening gebeur, nie ons s’n nie. As jy vandag na aan moed opgee is, neem al jou bekommernisse en frustrasies na God toe. Laat God jou verfris en vra Hom vir bemoediging. Moet net nie moed opgee nie.
Ons moet ons “geestelike spiere” oefen. Soos ek al voor heen gesê het, as ons nie vorentoe beweeg nie, gaan ons agteruit beweeg. Geloof kan nie stilstaan nie. God kan dalk iets kleins aan jou toevertrou, maar as jy nie getrou is in die klein dingetjies nie, sal jy ook nie enigiets anders kan doen nie.
Ek persoonlik wil graag soveel moontlik vir die Here doen terwyl ek nog hier op aarde is. Ek weet nie waartoe God jou roep nie. Ek bid net dat jy ’n besluit sal neem om dit met jou hele hart te doen en nie moedeloos te raak nie.
Almagtige Vader, ek het bemoediging nodig. Help my om dinge te sien soos U dit sien. Verkwik my, asseblief; en praat met my oor die klein dingetjies wat ek ignoreer. Ek vertrou U vandag vir genade en krag. Amen.
AMEN
Onbelyde sonde vorm n muur tussen ons en God.
Laat die Heilige Gees toe om jou lewe te vul,dan sal jy God se stem deur Sy Woord hoor.
Neelsie, so maklik as dit. Maar nee, GOD is verban uit skole, vergaderings en uit ons sitkamers en binnekamers, daarom dat die wêreld in so ‘n gemors is.