Gedagte vir die dag: Groot liefde         

Liefde_seesand_Stiltetyd.jpg

Foto: Annelize Brits

Met reg het hulle u lief. (Hooglied 1:4, Bybel in Afrikaans 1933/1953)

Gelowiges bemin Jesus met ’n groter liefde as wat hulle ooit sal waag om aan enige ander wese te betoon. Hulle ag alle aardse besittings gering, maar koester Jesus aan die hart. Hulle sal hulself met blydskap ontsê om sy onthalwe, maar hulle sal Hom nie verloën nie. Mense het al die getroues van hul Meester probeer skei, maar was nog nooit suksesvol nie.

Hierdie is nie sommer ’n alledaagse verbintenis wat die mag van die wêreld uiteindelik kan verbreek nie. Tog betreur ons dit voortdurend dat ons nie méér kan liefhê nie. Sou dit nie wonderlik wees as ons al ons liefde, van alle gelowiges, in een groot versameling kon voeg en dit aan ons Here kan bied nie?

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Agie ·

Amen
Ek het U lief Here Jesus
U ken my gedagtes deur en deur

Maria ·

Dankie dat ek U op n ware soos suiwer soos goud. n spesiale “kan nie vergelyk deur mense, diere ens word nie” en opregte dit AGAPE “Liefde” ontdek. Prys die Here!

Kornel ·

Dankie Here vir alles. Saam met U is ons alles, sonder U is ons niks. ASEEBLIEF maak ons pae gelyk. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.