Gedagte vir die dag: Groter vreugde as dit

koring_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. (Psalm 4:8)

Dawid se woorde verwys spesifiek na mense wat pas geoes het en wie se skure vol koring, druiwe en wyn is. Oestyd is in alle landbougemeenskappe die vreugdevolste tyd van die jaar. Oesfeeste is altyd heerlike en uitbundige geleenthede. Dawid sê egter dat die Here vir hom groter vreugde inhou as ’n goeie oes, as vol skure of oorvloed. Natuurlik is daar vreugde in ’n goeie oes, in ’n onverwagte bonus of in finansiële sekuriteit – hoe dan anders? Dan moet ons ook kan saam vier en ’n lekker fees kan geniet!

Dawid sê egter hier, te midde van die oestery en die viering, dat hy van ’n nog lekkerder lekker weet: Die vreugde wat hy al in die Here beleef het, is groter as enigiets anders! Ja, ’n mens kan in die grootste fees verlang na iets meer, of jy kan met relatief min dinge diep gelukkig wees. Die Here moet in die prentjie bly – selfs by jou vreugde.

Here, U is die rede vir my vreugde. Om saam met U te leef is ’n fees! Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries ·

Ek raak bly as my gunsteling rugbyspan wen, of as mens ‘n onverwagse bonus kry (soos genoem is) of as ‘n wildtuin vakansie vir my aanbreek , maar geen vreugde is so groot en so intens nie as om vreugde in die HERE te vind!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.