Gedagte vir die dag: Gryp die dag

 jasmyn-blom-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie oor kos bekommerd wees nie – oor wat om te eet en wat om te drink nie. Moenie bekommerd wees nie. Hierdie dinge domineer die gedagtes van die nasies van hierdie wêreld. Maar julle Vader ken alreeds julle behoeftes. Beywer julle allereers vir sy koningsheerskappy en Hy sal vir julle hierdie dinge nog daarby gee. (Lukas 12:29-31)

My vrou, Jill, het ’n jasmynheining geplant. Die geur is soms oorweldigend, maar heerlik! Dit herinner my altyd aan die wonderlike lewe wat die Here vir ons gegee het. Dit laat my dink aan die woorde: Carpe Diem. Dit beteken om die meeste te maak van die tyd wat ons gekry het. Gryp die dag! Jesus sê: “Moet julle nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg” (Matteus 6:34). Begin om vir vandag te lewe.

Party van ons is so bekommerd oor môre en al die dinge wat dalk nooit eens gaan gebeur nie. Moenie twyfel nie. Moenie uitstel nie. Begin daadwerklik leef in die oomblik. Soek die wil van die Here en jaag dit na. Gaan koop ’n bos blomme vir jou vrou. Maak daardie spesiale aandete vir jou man. Vra haar om te trou. As jy nie met haar wil trou nie, beëindig die verhouding.

Ons moet almal die dag gryp. Ons moet uit die boot klim. Doen daardie ding wat jy nog altyd wou doen. Leef die droom en geniet ’n wonderlike dag. Onthou, as God vir jou is, is daar niks wat teen jou kan wees nie (Romeine 8:31).

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.