Gedagte vir die dag:  Hanteer die druk 

man_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is hewig ontsteld oor die dreigemente van my vyande en oor die druk van slegte mense op my. (Psalm 55:3-4)      

Dawid se beste vriend het hom verraai en is nou ’n absolute vyand. Dit ontstel hom erg: Hy kan nie slaap nie, sy gedagtes hardloop heen en weer, sy hart voel swaar. Die woord wat gewoonlik met “verdrukking” vertaal word, word hier – heel gepas – as “druk” weergegee. “Druk” is ’n meganiese term en dui op ’n krag wat teen ’n fisieke sisteem uitgeoefen word. As die sisteem dit nie kan hanteer nie, bou daar spanning (of “stres”) in die sisteem op. Uiteindelik kan dit breek.

Dit is net so met ons. Soms word daar net te veel verwagtings aan ons gestel – dan voel ons die spanning opbou. Wat kan ons doen? Wel, jy móét die druk van jou afkry, jy móét die sisteem se spanning verminder. Dit is wesenlik belangrik. Dan moet jy ook leer om die spanning aktief van jou af te ontlaai – byvoorbeeld deur oefening en ontspanning. Dis nie iets wat jy moet bid nie, dis iets wat jy moet doen. Anders gaan jy breek.

Here Jesus, die druk op my is te veel. Wys my wat ék moet doen. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maria ·

Dankie dag stuk al oefen ek elke dag nie maklik raak ook aan jou stukkend hart waar jy nie kan oefen nie. Hebreers 13:5. Bid vir my x

Theresa ·

Maria ek sal beslis vanoggend vir jou bid van ñ stukkende hart ken ek goed.

SNEL ·

Bid vir jou Maria, ek ken weer hoe die Here omstandighede kan omdraai en hoe Hy situasies kan verander. Niks so kragtig soos gebed nie. Dra jou op aan ons Here wat jou sal dra, krag gee en uitkoms sal bring, staan jy net vas in geloof. Ek en Theresa bid saam met jou.

Linda-Lea ·

By die PEILING is die opskrif nie reggestel en weet die lesers dus nou nie waarvoor u die opname doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.