
Foto: pixabay.com
Ek is hewig ontsteld oor die dreigemente van my vyande en oor die druk van slegte mense op my. (Psalm 55:3-4)
Dawid se beste vriend het hom verraai en is nou ’n absolute vyand. Dit ontstel hom erg: Hy kan nie slaap nie, sy gedagtes hardloop heen en weer, sy hart voel swaar. Die woord wat gewoonlik met “verdrukking” vertaal word, word hier – heel gepas – as “druk” weergegee. “Druk” is ’n meganiese term en dui op ’n krag wat teen ’n fisieke sisteem uitgeoefen word. As die sisteem dit nie kan hanteer nie, bou daar spanning (of “stres”) in die sisteem op. Uiteindelik kan dit breek.
Dit is net so met ons. Soms word daar net te veel verwagtings aan ons gestel – dan voel ons die spanning opbou. Wat kan ons doen? Wel, jy móét die druk van jou afkry, jy móét die sisteem se spanning verminder. Dit is wesenlik belangrik. Dan moet jy ook leer om die spanning aktief van jou af te ontlaai – byvoorbeeld deur oefening en ontspanning. Dis nie iets wat jy moet bid nie, dis iets wat jy moet doen. Anders gaan jy breek.
Here Jesus, die druk op my is te veel. Wys my wat ék moet doen. Amen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Amen
Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is.
Dankie dag stuk al oefen ek elke dag nie maklik raak ook aan jou stukkend hart waar jy nie kan oefen nie. Hebreers 13:5. Bid vir my x
By die PEILING is die opskrif nie reggestel en weet die lesers dus nou nie waarvoor u die opname doen nie.