Gedagte vir die dag: Hard op jou kinders, harder op jouself?

sonsondergang_familie_stiltetyd_pixabay-1.jpg

Foto: pixabay.com

Hy versorg sy kudde soos ’n herder.   Die lammers maak Hy bymekaar in sy arms,   en dra hulle naby sy hart.   Skaapooie met lammers versorg Hy. (Jesaja 40:11)   

Dalk het jy as ouer al saam met die psalmskrywer uitgeroep: “My voet gly!” (Psalm 94:18). Net om ’n mens se kinders halfpad ordentlik groot te maak, voel soms soos ’n onbegonne taak – omdat jy self partykeer soos ’n hopelose voorbeeld van ’n “ordentlike mens” voel.

Die Herder lei jou én jou kinders. Probeer om jou perfek sio nistiese  neigings  te  laat  staan.  Luister  na  al  die  beste  raad  tot  jou beskikking en volg dan jou instink. Onthou dat skuldgevoel slegs geoorloof  is  wanneer  jy  gesondig  het.  Jy  doen  waarskynlik  jou allerbes en eendag sal jy terugdink aan hierdie tye en dink: “Ek sal dit alles weer presies net so  doen!”  Wees  van dag ’n bietjie minder hard op jouself (en op jou skapies). In watter weiveld julle julle ook al bevind – geniet die sagte groen gras onder julle voete.

Oorwin die baba-blues

Tot 30% van nuwe ma’s ontwikkel postnatale of postpartum depressie – wat ernstig inmeng met jou vermoë om na jouself en jou baba om te sien. Die skielike hormoonveranderings, bloeddrukskommeling, wisseling in die werking van ’n vrou se immuunstelsel en metabolisme ná swangerskap kan snellers wees vir postpartum depressie. Die simptome is buite jou beheer. Dit maak nie van jou ’n slegte ma nie. Hoor weer: Dit maak régtig nie van jou ’n slegte ma nie. Waaroor jy wel beheer het, is of jy behandeling hiervoor gaan kry. Moenie enige tyd mors nie: Kry hulp – vir jou én jou kind se onthalwe.

Bron: Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.