Gedagte vir die dag: Hart van hoop

hart_sand_see.jpg

Foto: newheavenonearth.com

Hiervoor swoeg en veg ons, want ons hoop is op die lewende God wat die Verlosser is van alle mense, en veral van dié wat glo. (1 Timoteus 4:10)

Jou hoop is nie tevergeefs wanneer jy jou hoop op My vestig nie. Jy bevind jou dalk oorweldig deur wanhoop en dit lyk of die lewe rondom jou ineenstort, maar EK IS steeds die rots wat die fondament van jou geloof vorm. Moenie weifel nie. Dit maak nie saak wat jou huidige omstandighede is nie, vertrou op die Verlosser wat Ek gestuur het om jou te red. Ongeag die situasie waarin jy jou bevind, ongeag hoe hopeloos dinge lyk, daar is hoop in die oorwinning van Jesus. My Gees sal jou help om die goeie stryd van geloof te stry. My vreugde sal jou krag wees. Jou hoop in My sal alles voorsien wat jy nodig het om vol vrede te bly terwyl jy wag dat my hand namens jou werk.

Ek wil hê jy moet bo jou omstandighede leef terwyl jy op My gefokus bly en op my beloftes staatmaak. As jy My vertrou, sal jy vrede vind wat alle verstand te bowe gaan. Jy kan in my onwankelbare en onfeilbare liefde rus. Moenie moed opgee nie. Al voel jy vir ’n oomblik of jy die stryd verloor het, kan jou hoop nooit van jou af weggeneem word nie, en hoop dryf my hart en hand om wonderwerke te doen. Ek wil hê jy moet van My verwag om groot dinge te doen. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Hou deur die twyfel heen aan My vas en rig jou hart op hoop.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

As Kaaiman hier lees, kyk na Pastor John Bevere se YouTube video van The Bait of Satan, dit sal jou weer nuwe hoop en fokus gee.
Ons moet gefokus bly op God, besef Hy het n doel en plan en rustig wag vir Sy tyd, en baie belangrik….vas staan in geloof en in dieselfde asem wil ek ook sê, bid vir medegelowiges sodat ons sal staande bly tot die einde toe.

Sola Scriptura ·

Jammer, al klink die woorde als mooi en ‘reg’, is dit nie vir my aanvaarbaar dat ‘n dagstukboodskap in die eerste persoon van God af kom nie. Wees asb versigtig hiermee. Dankie nogtans vir julle daaglikse dagstukkies – waardeer dit opreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.