Gedagte vir die dag: Heeltemal bekend

vrou_vrede_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Here, U deursoek my en ken my. (Psalm 139:1)

Die meeste van die humor in romantiese komedies of sitkoms is gebaseer op die dramatiese ironie van misverstande. Misverstande sorg dikwels vir vermaaklike stories. Gewoonlik word geen skade gedoen nie. Ons hou daarvan om te lag oor die feit dat ons almal vooropgestelde idees het oor die mense wat ons ontmoet, of ons dit bedoel of nie.

Soms kan misverstande egter ’n draak wees wat geslag moet word. Hierdie draak wil jou laat voel of niemand jou ernstig opneem of werklik in jou glo nie. Dit verlok jou om te hunker na aanvaarding, bevestiging of liefde. Jy hunker om gesien te word. Om gehoor te word. En net soos soveel ander eksterne vorme van druk in jou lewe, kan jy dit nie beheer nie. Wat mense besluit om van jou te dink (of nie van jou te dink nie), is hulle saak. Jy kan maar net probeer verstaan hoe hulle jou lees of interpreteer, en dan jou reaksie bestuur, terwyl jy vertrou dat daar ’n alwyse God is wat elke verborge en ontblote deeltjie van jou volkome ken.

Dra jy onsigbare littekens van mense wat nie die volle waarheid geken het nie, en jou toe ook onsigbaar laat voel het?

Liefdevolle Skepper, dankie dat U elke deeltjie van my sien en ken. My ware identiteit en waarde is in U toegewikkel. Ek berus my graag daarby. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.