Gedagte vir die dag: Die heerlikheid van God    

Gelukkig_vrou_natuur_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Prys die Here om die eer van sy Naam! (Psalm 29:2)      

God se heerlikheid is die gevolg van sy aard en sy optrede. Sy karakter is heerlik, want in Hom is alles wat heilig, goed en lieflik is. Uit sy karakter vloei glorieryke dade. Hy hou daarvan om sy goedheid, genade en regverdigheid aan sy skepsels te openbaar. Dit is egter ook vir Hom belangrik dat die heerlikheid wat voortspruit uit hierdie dade aan Hom, en aan Hom alleen, teruggegee moet word.

Ons het niks in onsself om op trots te wees nie, want alles wat ons het, het ons van Hom ontvang. Ons moet dus versigtig wees dat ons in nederigheid voor God wandel. Daar is in hierdie heelal net plek vir Een om die heerlikheid te ontvang. Die oomblik wat ons onsself verheerlik, stel ons onsself in die posisie om met die almagtige God mee te ding.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.