Gedagte vir die dag: Heilige vreugde     

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U groot dade, Here, het my baie bly gemaak. (Psalm 92:5)

Glo jy dat jou sonde vergewe is; dat Christus volkome daarvoor betaal het? Dan behoort jy baie bly te wees. Met daardie versekering kan jy ’n lewe lei wat verhewe is bo die algemene beproewings en probleme van dié wêreld. Wees ook dankbaar en liefdevol. Hou vas aan die kruis wat jou sonde weggeneem het. Dien die Een wat jou gedien het.

Moenie dat jou liefde vir God verdamp na ’n paar lofsange nie. Druk jou liefde op sterker maniere uit. Wees lief vir die broers en susters van die Een wat jou liefhet. Aangesien jy vrylik in Christus vergewe is, gaan vertel ander van hierdie vreugdevolle nuus van God se genade. Heilige vreugde en heilige moed maak ’n goeie prediker. Vreugdevolle heiligheid bied die kragtigste boodskap.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Helien ·

Dankie Heer dat u gesterf het vir my sondes groot voorreg om U te ken en om U in my lewe te he. Ek is waarlik lief vir U.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.