Gedagte vir die dag: Heiligheid

Foto: pixabay/pexels

Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is. Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos. (Kolossense 1:21-22)

Heiligheid is baie meer as die afwesigheid van sonde; dit is die uitlewing van geregtigheid, reinheid en godvrugtigheid. Heiligheid beteken om volledig toegewy te wees aan God, om anders as die wêreld te leef en gefokus te wees op ’n rein en suiwer manier van lewe.

Wanneer jy ’n gelowige word, maak God jou heilig deur jou sondes te vergewe. Hy kyk dan na jou asof jy nooit gesondig het nie. Maar jy is nog nie volkome heilig nie. Jy moet elke dag streef na heiligheid, om meer soos Jesus te word. Die strewe na heiligheid is ’n lewenslange proses, want jy sal eers volmaakte heiligheid bereik wanneer jy die hemel binnegaan.

Hoe kan jy vandag heiligheid nastreef?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat as ek struikel U altyd langs my is om my op te help…in Jesus Naam alleen…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.