Gedagte vir die dag: Help my tog!

aanbid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Luister, Here, en wees my genadig. Help my tog, Here! (Psalm 30:11)    

Partykeer spruit ons woede en frustrasie uit ’n gevoel van hulpeloosheid. Ons sit vas in die verkeer, of midde-in onopgeloste familiedrama, of verstrengel in finansiële probleme of herstrukturering by die werk … en dit laat ons heeltemal magteloos voel.

Toe Jesus gesterf het en weer opgestaan het om by sy Vader in die hemel te gaan heers, het Hy ons nie alleen hier gelos nie. Hy het vir ons die Heilige Gees gegee om vir ons ’n Raadgewer, ’n Helper en ’n Troos te wees (Johannes 14:1617). Hy is ons toevlug – altyd en oral daar vir ons. Hy is maar net ’n hartklop weg van jou gespanne self. Roep na Hom vir hulp – sommer nou dadelik – en Hy sal jou die hoop en vertroosting gee wat jy nodig het. Weet dat niks wat jy nodig het te groot of te onsinnig is om sy krag en sy aandag te verdien nie.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U my nog nooit versaak het nie….U wonderbare krag en genade is elke dag nuut…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.